Skoue

Om die Pothou handels merk te vestig het ons sedert 2006 ons diere vertoon op verskeie skoue. Dit sluit in Vryburg, Lichtenburg, Royal Show (Pietermaritzburg), Bloemfontein en Hertzogville. Van ons prestasies sluit in dat ons die Interras Fase D Kampioen in Vryburg vertoon het vir 4 jaar uit 5 jaar verower het. Elke jaar met ‘n ander bul. Ons het ook die interras Junior Kampioen Bul asook die Interras Blub Kampioen Bul vertoon. Ons grootste prestasie was toe ‘n Pothou Bul in 2011 as die Vryburg Skou Opvolger Kampioen Vleisras Goue Beker wenner aangewys is.

2011 Vryburg opvolger kampioen vleisras goue beker