

Planne vir die toekoms
As stoet telers is ons belangrikste doelwit om waarde tot die kommersiële kopers se kuddes en boerderye te voeg. Die meeste kommersiële beesboere is speenkalf produsente en dus prysnemers. Sussex bulle bied basterkrag voordele op veral kruisras vroulike diere. Terugvoer van ons gereelde kliënte is dat daar ‘n 20-30 kg toename in speengewig is deur Sussex bulle op kruisras vroulike diere te gebruik.
Dit gee ongeveer R900 inkomste waarde toe deur hoër inkomste óf die kalwers kan vroeër gespeen word en so druk op die veld en/of vroulike diere verlig word. ‘n Verdere voordeel van die Sussex ras is dat die koeie ongeveer 40kg gewig aansit terwyl ‘n kalf van ongeveer 240kg groot gemaak word. Sussex beeste kan baie winsgewend vanaf die veld vir slag doeleindes bemark word. Sussex het voldoende melk om goeie vervangingsverse te teel. By Pothou verkoop ons twee en ‘n half tot drie jaar oue bulle. Op hierdie ouderdom het bulle reeds gewissel en het hulle minder intensiewe bestuur nodig.
Die toekoms visie vir Pothou is om voort te bou op historiese beginsels wat geleer is en verder uit te bou op bogenoemde eienskappe. Nog meer fokus gaan op die poenskop gene geplaas word met die doel om die koei kudde wat tans 40% poenskop gene het te verhoog na 80%. Met toenemende arbeidkostes is dit net nog ‘n verdere manier om waarde tot kommersiële bees boerderye te voeg.

