Gesamentlike Produksie Veilings

Gesamentlike produksie veilings met Blama ba Kan 

Sedert 2020 bied Pothou en Blema ba Kan ‘n gesamentlike Produksie veiling aan. In 2022 het Pothou en Blema Ba Kan besluit, op grond van korporatiewe beginsels, om voortaan ons gesamentlike bemarking onder die ProGen Sussex Group handelsmerk te doen. Elke stoet behou steeds sy eie identiteit en teeldoelwitte.

Gesamentlike produksie veilings met Huntersvlei

Sedert 2009 het Wyle Anthony Evans ons ‘n geleentheid gegee om saam met Huntersvlei ‘n produksie veiling aan te bied. Ons sal Anthony altyd dankbaar wees vir die groot geleentheid.

Hoe om by ons uit te kom:

Op die Viljoenskroon Vredefort pad, ry ongeveer 30 km vanaf Viljoenskroon en draai links op die S1086, na ongeveer 2km draai links by die T-aansluiting, ry tot by die volgende kruising en draai regs. Die plaas is op die linkerkant na ongeveer 1km. Kyk uit vir die “Uithou” naambord.

GPS koördinate: 27° 10′ 48″E 27° 1′ 00″S (27.18E 27.0166S)

Location beskikbaar op aanvraag.